Applicable Age 50 plus
Availability Fase 4B nou beskikbaar!
Pets Small Pet Friendly
Price Range R800 000 - R1 000 000, R1 000 000 - R1 500 000, R1 500 000 - R2 000 000, R2 000 000 - R3 000 000
Monthly Levies R1500-R2000
Short Description
Wanneer dit kom by rus en vrede, kan min dinge kers vashou by die Bosveld se oop stiltes. Nou kan jy ook wakker word met 'n kletsende Bospatrys as alarm.
Met Negester Klein-Kariba maak die ATKV jou Bosvelddrome waar. Hierdie volhoubare leefstyl-landgoed, aangrensend tot ATKV-Klein-Kariba Vakansieoord, is perfek vir vyftigplussers op soek na 'n rustiger leefstyl.
Daar kan uit verskillende groottes wonings en ontwerpe, gebaseer op 'n kontemporêre interpretasie van historiese plaasargitektuur, gekies word. Klip uit die omgewing word boustene en die natuurlike inheemse plantegroei dien as voortuin.
More Information
Negester Klein-Kariba, met sy kenmerkende Bosveld-natuurskoon, lê in die UNESCO-erfenisgebied van Waterberg-biosfeer. Dit grens aan die ATKV-Klein-Kariba Vakansieoord en is naby Bela-Bela (Warmbad) geleë, slegs ’n uur se ry vanaf Pretoria.
Die Bela-Bela- en Waterberg-omgewing beskik oor ʼn heerlike somerreënvalklimaat, ʼn private hospitaal, topklas gholfbane en goeie winkels.
Winkels:Bela Mall is ʼn moderne 17 800m2 winkelsentrum, geleë op die rand van die dorp aangrensend aan die R101 (15,6 km)
Gholf:Zebula Buiteklub (56 km), Elements Private Gholfreservaat (35,7 km), ens.
Natuurreservaat:Mabalingwe Natuurreservaat (41,7 km), Zebula Natuurreservaat (56 km), Sondela Natuurreservaat & Spa (23,5 km)
Lughawe:Bela-Bela Vliegveld (17 km)
Negester Klein-Kariba beslaan 83 ha, met genoegsame oop groen areas met verskeie soorte wild soos njalas, rooibokke en vlakvarke. ’n Groot verskeidenheid Bosveld-bome kan op die landgoed gevind word: Blinkblaar-wag-'n-bietjie, boekenhout, doppruim, karee, kiepersol, lekkerbreek, maroela en tambotie, om ʼn paar te noem.
Fasiliteite:
Negester Klein-Kariba bied net die beste fasiliteite, geriewe en aanvullende dienste aan sy inwoners:
Klubhuis met veeldoelige saal
Klein biblioteek
3 tennisbane
7-putjie minigholfbaan
8 jukskeibane
15 m swembad
4 wandelpaaie
Boma met piekniekarea